Kuilsrivier-Suid het op Vrydag 12 Junie 1964 om 16:30 tot stand gekom as die eerste gemeente wat van die gemeente Kuilsrivier sou afstig. Ds JLP Zietsman was die eerste leraar. Op 27 Oktober 1968 word die kerkgebou (nou ons kerksaal) ingewy. Vanaf 15 September 1972 word ‘n tweede leraarspos geskep. Op Sondag 4 September 1983 word die nuwe eredienssentrum ingewy.

Die gemeente word gekenmerk deur ‘n verteenwoordigende samestelling van die samelewing. Daar is plase en kleinhoewes, woonhuise en dorpshuise, woonstelle en selfs ‘n Aftree-oord (Andante).

Die Here se genade is deur die jare oor hierdie gemeente uitgestort en ons weet waar ons, ons krag kan kry.
Die inskripsie op die hoeksteen van ons kerk lui dan ook:


“Kom na Hom toe, die lewende steen … Laat julle as lewende stene opbou tot ‘n geestelike huis …” 1 Petrus 2:4-5

Toe die gemeente op 12 Junie 1964 afgestig is, is ds J.L.P. Zietsman van die NG Moeder-gemeente Kuilsrivier aangewys as die eerste konsulent* van dié nuwe gemeente. Dié konsulentskap het slegs tot 15 Augustus 1964 geduur. Reeds op 13 Julie 1964 is ‘n gekombineerde Kerkraadsvergadering gehou om, onder andere, ‘n leraar te beroep en ds Zietsman is beroep en op 16 Augustus 1964 as eerste leraar van die NG Gemeente Kuilsrivier-Suid bevestig.

*’n Konsulent is ‘n predikant wat tydens ‘n vakature in ‘n naburige gemeente onder meer die sakramente bedien en by kerkraadsvergaderings as voorsitter optree.

Die Kerkraad het as eienaar-bouer saam met die gemeente die projek aangepak. Vir byna twee jaar lank is elke Saterdag en baie weeksaande hier gewerk. Benewens kleiner werke is die volgende projekte deur die gemeente self onderneem:
* Fondamente grawe
* Vulling onder vloer
* Ongeveer alle betonwerk
* Bevestiging van die dakbalke en -plate
* Maak van kerkbanke (die hout van die eerste kerk se banke is gebruik vir die nuwe rugstukke)
* Preekstoel
* Koorgallery se trappe
* Portaal se herversiering
* Lê van muurteëls
* Rakke, groen skryfborde in  kategese lokale en ’n menigte  ander take  waarmee gehelp is
Die laaste erediens in die ou kerkgebou is op 31 Oktober 1982 gehou. Die eerste erediens in die nuwe kerkgebou is op 7 November 1983 gehou.

Suidkerk vandag:

#main-content .dfd-content-wrap {margin: 0px;} #main-content .dfd-content-wrap > article {padding: 0px;}@media only screen and (min-width: 1101px) {#layout.dfd-portfolio-loop > .row.full-width > .blog-section.no-sidebars,#layout.dfd-gallery-loop > .row.full-width > .blog-section.no-sidebars {padding: 0 0px;}#layout.dfd-portfolio-loop > .row.full-width > .blog-section.no-sidebars > #main-content > .dfd-content-wrap:first-child,#layout.dfd-gallery-loop > .row.full-width > .blog-section.no-sidebars > #main-content > .dfd-content-wrap:first-child {border-top: 0px solid transparent; border-bottom: 0px solid transparent;}#layout.dfd-portfolio-loop > .row.full-width #right-sidebar,#layout.dfd-gallery-loop > .row.full-width #right-sidebar {padding-top: 0px;padding-bottom: 0px;}#layout.dfd-portfolio-loop > .row.full-width > .blog-section.no-sidebars .sort-panel,#layout.dfd-gallery-loop > .row.full-width > .blog-section.no-sidebars .sort-panel {margin-left: -0px;margin-right: -0px;}}#layout .dfd-content-wrap.layout-side-image,#layout > .row.full-width .dfd-content-wrap.layout-side-image {margin-left: 0;margin-right: 0;}