Sondag 12 Januarie 2025
Erediens 08:50 Ds Hennie du Pisanie
Lofprysing en Aanbidding in erediensruimte begin 08:50
Kategese open 19 Januarie vir inskrywings
Andante Dienste hervat op 19 Januarie 10:00
Program vir die week
Maandag 13 Jan 18:45 CAD
Vrydag 17 Jan 05:00 TGIF vir Manne
Woensdag 22 Jan 15:00 Siekeboeg Biduur – Andante
- Belangrike datums om aan te teken:
19 Januarie: Sondagskool inskrywings vir 2025
26 Januarie: 7 Weke reis program begin
9 – 12 Feb: Week van Gebed
13 Feb: Kerkraad Retraite
14 – 16 Feb: Pelgrimskamp
25 Feb – 2 Mrt: Kermis week
5 Mrt: Aswoensdag
7 Mrt: Wêreldbiddag vir Vroue
8 Mrt: Wêreldbiddag vir mans – The World needs a father
16 Mrt: #imagine Praise & Worship aand
21 – 23 Mrt: Mannekamp
4 – 6 April: #imagine Jeugkamp
ONS GEMEENTE
KERMIS 2025 – Die beplanning vir volgende jaar se Kermis is reeds aan die gang! Wanneer u inkopies doen dink asseblief daaraan om so een of twee nie-bederfbare produkte soos: • Jellie • Ideal melk • Kondensmelk • Suiker • Olie • Versiersuiker • Kakao • Goue stroop • Vanilje geursel • Bak margarine • Marsmallows • Klapper • Bakpoeier • Asyn • Tamatiesous • Mostert • Braaihout by u lys te sit as donasie.• Enige kontant donasie is meer as welkom (Gemerk: Kermis)
Roomysbakke – Ons benodig ook asseblief leë 2l & 5l roomys bakke. Bring enige dag na Cup of Life.
Kleuterkerk – Ons kleuterkerk benodig dringend hulp asb. Enige iemand wat bereid is om te kom help toesig hou en speel met ons kleintjies is baie welkom. Jy het geen opleiding nodig nie, net ’n hart vol liefde. Kontak Mariaan Gouws 072 125 1537
KLEINGELDPROJEK – Ons samel steeds kleingeld in. Bring asb al u kleingeld saam kerk toe of in die week na die Kerkkantoor. Dit word weekliks saam met die kollekte gelde getel en gebank. Aan die einde van die jaar kyk ons hoeveel ingesamel is, en gebruik dit om iets nuttig vir die kerk aan te koop of te skenk aan waar behoefte bestaan. Elke 10c maak ‘n RAND . . .
SOP CONNECT – Baie dankie aan al ons gereelde Sopkokers – jul bydrae en hulp is van onskatbare waarde. Ons benodig R1 000 per maand vir die aankoop van brood om saam met die sop te gee aan minderbevoorregtes. Ons kan brood aankoop teen ’n spesiale prys van R12.00 elk. U finansiële bydra sal dit moontlik maak. Donasies nou broodnodig!
PROJEK EEN – DIENS VAN BARMHARTIGHEID benodig van die volgende items vir hul kospakkie adresse: Koffie, Tee, Suiker, Melk, Pap, Two minute noodles, Pasta, Rys, Blikkies kos. Olie, Meel, Seep, Waspoeier, Tandepaste Shampoo, Toiletpapier. U kan dit na Cup of Life bring of Sondae in die mandjies in die voorportaal los.
NEGOSIE WINKEL – Die Negosiewinkel is daagliks oop vanaf 08:00 – 14:00 – kom snuffel gerus. As jy huis skoon gemaak het, stuur gerus na die Negosiewinkel – klere, beddegoed, kombuis items, enigiets wat rondstaan en net plek opneem – ons het plek daarvoor!!
Om spesiale kosaanbiedinge van Cup of Life op jou foon te ontvang Whatsapp jou naam na 061 522 9632 en stoor die nommer as Cup of Life op jou foon.