Wat is Kuilsrivier-Suid Connect groepe?

Registreer nou by: https://forms.gle/W4JuvHXx1q1jtSMo6
of as jy deel wil word maar het hulp nodig: https://forms.gle/LPRNFwNV6hUFkTHt9

Waar kom die idee vandaan?

Kuilsrivier Suid het vanaf November 2018 aktief begin werk aan die hersiening van die gemeente se bedieningsplan.

Ons het ‘n drie jaar proses deurloop waarin ons ‘n vyfvoudige bedieningsplan geïdentifiseer het en ‘n nuwe Visie en Missie vir die pad vorentoe bepaal het.

Dit het tot gevolg gehad dat Kuilsrivier Suid se struktuur en werkswyse verander is in terme van die manier hoe gemeentelede ingedeel, bereik en bedien word.

Daar is verskeie faktore wat hierdie veranderinge genoodsaak het, waarvan die volgende ’n aanduiding is:

  • Geografiese verandering
  • Demografiese verandering
  • Toegang en sekuriteits uitdagings vir gemeentelede
  • Digitale transformasie
  • Strategiese en volhoubare toekomsgerigte bestuur
  • Krimpende deelname en lidmaattal nie noodwendig verhoudings bevorder nie bv. groot byeenkomste

Covid 19 en die nuwe normaal wat daarmee gepaard gaan, het ons opnuut laat besef dat mense hul veiligheid eerder in klein selfversorgende eenhede wil stel. Daarom wil ons verhoudingsgebaseerde eenhede op die been bring.

Die Visie is om die klein eenhede met mekaar te Connect.

Die doel is om elke lidmaat van Suid deel te maak van ‘n Connect groep.

Ons wil konneksies help bemiddel, wat kan ontwikkel langs drie punte nl:

  • Verhoudings
  • Geloofsgewoontes en
  • Lewe na buite (wat bewustelik anders is)

Wat is ’n Connect Groep?

Samestelling:  Groep bestaan uit 2 of meer lede maar nie meer as 10 nie. Dit kan vriende wees, mense met gemeenskaplike belange of mense wat naby mekaar woon

Struktuur:  Een persoon word as koördineerder aangewys. Koördineerder sal opleiding ontvang en daar sal leiding wees oor geloofsgewoontes, teks gedeeltes, onderwerpe en temas

Mentorskap:  Daar sal ook ‘n persoon wees wat die koördineerders sal mentor en help

Hoe Funksioneer ’n Groep?

Die koördineerder nooi die groep om saam te kom.  Verkieslik weekliks, maar ten miste 2 keer per maand. Besprekings is 3 afdelings:

  1. Verhoudings bou – Vra na elkeen se welstand – deel in mekaar se lief en leed
  2. Beoefen geloofsgewoontes bv. Gebed, Wandel in Woord, Stilword rondom die Woord, lof en aanbidding ens.
  3. Kies om bewustelik anders te leef – Moedig mekaar aan en hou mekaar verantwoordbaar om Jesus te leef.

Groepe word deel van die Visie van die gemeente

‘n Connect Groep groei deur fases en sluit aan by die 5-voudige bedieningsplan:

  • Connect Dissipelskap: Om soos Jesus te leer leef
  • Connect Gawes: Om ons gawes te identifiseer en dit aan te wend in die koninkryk

Dissipelskap:  Om mekaar te help om Jesus se voorbeeld te volg

Aanbidding:  Groep kan fokus op elemente van aanbidding bv.  Musiek en sang of gebedsbediening

Herderskap:  Diens van Barmhartigheid, voorsien van kos of ander lewensmiddele

Pastorale versorging:  Hospitaalbesoeke of berading

Lering:  Om mekaar of ander meer te leer uit die Woord, bv. bybelstudie, kursusse

Missiologie: Om oor kultuur en grense uit te reik met die evangelie

  • Connect Ondersteuning: Groepe wat ontstaan om die gemeente se infrastruktuur te ondersteun, bv. kantoor, eiendomme, finansies, bemarking

Connect – Groep waardes

  • Jesus Liefde en navolging
  • Onvoorwaardelike aanvaarding
  • Respek
  • Volledige Kommunikasie
  • Bevestig mekaar se gawes
  • Groei in geloof wat uitloop in dankbare lewe

Ons missie

Suid rus gelowiges toe om hul gawes uit te leef en die Evangelie te verkondig.

Wat wil ons bereik met Connect Groepe?

  • Suid skep ‘n sorg sisteem vir almal wat deel vorm van die gemeente
  • Groeplede neem verantwoordelikheid vir versorging van mekaar
  • Lidmate word aangemoedig om hul gawes te gebruik
  • Lidmate word motiveer om bewustelik anders te leef

Koninkryks Voordele

  • Die groepe gaan medeverantwoordelikheid aanvaar om vir mekaar te sorg. Lidmate wat deur mede gelowiges versorg word gaan minder druk plaas op die pastorale versorgingstrukture van gemeente
  • Gawe bediening gaan meer effektief geaktiveer word, dus kan die koninkryk beter bedien word
  • Groter getal mense kan geaktiveer word om te help bou aan die koninkryk

“Juis daarom moet ons gereeld bymekaarkom en nie sommer wegbly nie, al doen party van julle dit moedswillig. Laat ons mekaar se hande vat en mekaar daarmee help, veral as ons daaraan dink dat dit nie meer lank is voor die Here weer kom nie”  Heb 10:25

Ons het mekaar nodig. Dit is nie maklik om in die wêreld op jou eie te oorleef nie.

#main-content .dfd-content-wrap {margin: 0px;} #main-content .dfd-content-wrap > article {padding: 0px;}@media only screen and (min-width: 1101px) {#layout.dfd-portfolio-loop > .row.full-width > .blog-section.no-sidebars,#layout.dfd-gallery-loop > .row.full-width > .blog-section.no-sidebars {padding: 0 0px;}#layout.dfd-portfolio-loop > .row.full-width > .blog-section.no-sidebars > #main-content > .dfd-content-wrap:first-child,#layout.dfd-gallery-loop > .row.full-width > .blog-section.no-sidebars > #main-content > .dfd-content-wrap:first-child {border-top: 0px solid transparent; border-bottom: 0px solid transparent;}#layout.dfd-portfolio-loop > .row.full-width #right-sidebar,#layout.dfd-gallery-loop > .row.full-width #right-sidebar {padding-top: 0px;padding-bottom: 0px;}#layout.dfd-portfolio-loop > .row.full-width > .blog-section.no-sidebars .sort-panel,#layout.dfd-gallery-loop > .row.full-width > .blog-section.no-sidebars .sort-panel {margin-left: -0px;margin-right: -0px;}}#layout .dfd-content-wrap.layout-side-image,#layout > .row.full-width .dfd-content-wrap.layout-side-image {margin-left: 0;margin-right: 0;}